Wednesday, 2 October 2013

Reflektiewe skryfstuk

Waar om te begin? Alas!Die jaar is amper tot 'n einde en so is my blogging dae ook.

As ek terug dink aan die dag toe ons die blogging opdrag gekry het gaan ek myself net frustreer. Daardie dag is een om te vergeet.

Die dag van die opdrag was ek baie senuweeagtig want ek het nie geweet wat 'n blog behels nie. Ek en my maatjies het ons blogs geskep, en oh was dit moeilik. Ek het so hard gesukkel, dit het gevoel asof die blog nooit geskep gaan word nie. Uiteindelik was die blog geskep, en toe kom die skryfstukke.

Die skryfstukke was die pits. Om 'n skryfstuk elke week te hê, het my gefrustreer en dit het baie tyd geneem. Vir sommige rede kon ek nie van iets verskillend dink om oor te skryf aangaande met my tema nie. Ek het dit baie moeilik gevind.

Mettertyd het my opinie verander, maar ek dink nie dat ek weer wil blog nie. Ek sal dit dalk voorstel aan iemand nuuts aan tegnologie, maar nee dankie vir my.