My naam is Mecaylin Segers en ek gaan die beste grondslagfase-onderwyser wees. Onderwys is my roeping en leer is ook 'n passie wat ek onlangs ontdek het.
Die naam van my blog is "Amper daar", en ek dink dis van self sprekend. Die tema is basies oor hoe gou die jaar op 'n einde gekom het en hoe naby ek aan my droom is. Dit skree: "Ek is amper 'n onderwyser!", en dit beskryf my huidige gevoelens en mening oor die huidige gebeure in my lewe.
Die rede hoekom ek die tema gekies het, is omdat ek baie opgewonde is oor my toekoms, my loopbaan en my lewe op die huidige oomblik. Ek voel asof die eerste jaar amper veby is, en soos almal se: " As jy die eerste jaar op universiteit kan deurbring, is jy deur." Ek weet ek is miskien 'n bietjie te positief, maar 'n bietjie positiwiteit sal niemand kwaad doen nie.
Enkele opmerkings:
ReplyDelete1. vanselfsprekend - een woord
2. op 'n einde - tot 'n einde
3. huidige gevoelens en mening oor die huidige gebeure - gevoelens oor die huidige gebeure...
ja nee nè, wie sou nou kon dink dat die jaar einde se kant toe strek?
ReplyDeleteEk voel jou geesdrif en opgewondenheid.
Nog net 'n paar jaar dan is ons gekwalifiseerde onderwyseresse. Hou moed, nie net jy nie maar ek is ook amper daar.
Ek admireer jou positiwiteit en weet jy gaan 'n goeie onderwyseres wees.Hou moet, God is goed!
ReplyDelete