Wednesday, 18 September 2013

Verhalende skryfstuk



Lank lank gelede was daar ‘n meisie met die naam van Kelly. Nou Kelly was ‘n baie soet meisie en sy wou graag ‘n grondslagfase-onderwyseres wees maar haar ouers kon nie haar studies bekostig nie.

Kelly het smiddae hard gestudeer en haar huiswerk gedoen. Elke dag was dieselfde. Kelly kon dit nie meer staan nie. Sy was moeg van leer sonder om ‘n beloning te kry. Wie sou haar kon hulp?Sy het later opgegee op haar droom om ‘n suksesvolle onderwyseres te wees want in haar realiteit sal dit nie gebeur nie, totdat Kelly ‘n man ontmoet. Die man het haar skool effens kom kuier. Kelly het hom altyd vermy as hy met haar wil praat en spot maar min te weet hoe die’ man haar lewe sal verander.


Een middag na skool toe kry Kelly ‘n oproep. Sy was baie verras want niemand het haar ooit gebel nie. Verbaasend hardloop sy na die telefoon toe en toe kry sy die meers ongelooflike nuus ooit. Dit was haar skoolhoof. Blykbaar het iemand vir haar ‘n beurs aangebied. Sy vra toe wie dit was en die skoolhoof sê dis die man wie Kelly soe vermy. Hy was ‘n beroemde besigheidsman wat tieners van verskillende hoërskole beurse aanbied en Kelly was een van daardie gelukkige tieners. Hy het haar punte nagegaan en gesien dat sy baie hardwerekend is. Alas! “Als was nie verniet nie”, dink Kelly. “My harde werk het afbetaal en nou is ek amper daar, nog ‘n bietjie nader aan my droom.”



1 comment:

  1. Enkele opmerkings:

    1. kon dit nie meer staan nie - kon dit nie meer verduur nie
    2. kon hulp - kon help
    3. ontmoet. - ontmoet het.
    4. Die man het haar skool effens kom kuier.?
    5. verbaasend - verbaas
    6. meers - mees
    7. wie Kelly soe vermy - wat Kelly so vermy
    8. Als - Alles
    9. het afbetaal - was die moeite werd

    ReplyDelete