Wednesday, 2 October 2013

Reflektiewe skryfstuk

Waar om te begin? Alas!Die jaar is amper tot 'n einde en so is my blogging dae ook.

As ek terug dink aan die dag toe ons die blogging opdrag gekry het gaan ek myself net frustreer. Daardie dag is een om te vergeet.

Die dag van die opdrag was ek baie senuweeagtig want ek het nie geweet wat 'n blog behels nie. Ek en my maatjies het ons blogs geskep, en oh was dit moeilik. Ek het so hard gesukkel, dit het gevoel asof die blog nooit geskep gaan word nie. Uiteindelik was die blog geskep, en toe kom die skryfstukke.

Die skryfstukke was die pits. Om 'n skryfstuk elke week te hê, het my gefrustreer en dit het baie tyd geneem. Vir sommige rede kon ek nie van iets verskillend dink om oor te skryf aangaande met my tema nie. Ek het dit baie moeilik gevind.

Mettertyd het my opinie verander, maar ek dink nie dat ek weer wil blog nie. Ek sal dit dalk voorstel aan iemand nuuts aan tegnologie, maar nee dankie vir my.



 

Wednesday, 25 September 2013

Opvoedkundige skryfstuk



Tien wenke om 'n goeie student te wees
1.      Jy moet altyd bereid wees om te leer.
2.      Wees betyds vir alle klasse en verhoudings met klasmaats.
3.      Studeer! Studeer! Studeer! Elke dag as jy moet.
4.      Beplan vooruit wanneer jy take and toetse gaan doen.
5.      Beloon jouself na harde werk met onspanningstyd.
6.      As jy nie iets verstaan nie, moet nie bang wees om hulp te vra van vriende en onderwysers nie.
7.      Maak tyd vir leer en sosiale afsprake apart van mekaar. Jy wil nie laer punte hê omdat jy ‘n fliek gaan kyk het nie.
8.      Wees aktief en vra vrae deur die les sodat jy alles volledig verstaan.
9.      Maak  opsommings van elke afdeling van die werk voor jy aangaan met nuwe werk.
10.  Hersien elke dag die werk wat in die klas behandel is. Lees die paar bladsye aandagtig deur en maak notas.

Wednesday, 18 September 2013

Verhalende skryfstuk



Lank lank gelede was daar ‘n meisie met die naam van Kelly. Nou Kelly was ‘n baie soet meisie en sy wou graag ‘n grondslagfase-onderwyseres wees maar haar ouers kon nie haar studies bekostig nie.

Kelly het smiddae hard gestudeer en haar huiswerk gedoen. Elke dag was dieselfde. Kelly kon dit nie meer staan nie. Sy was moeg van leer sonder om ‘n beloning te kry. Wie sou haar kon hulp?Sy het later opgegee op haar droom om ‘n suksesvolle onderwyseres te wees want in haar realiteit sal dit nie gebeur nie, totdat Kelly ‘n man ontmoet. Die man het haar skool effens kom kuier. Kelly het hom altyd vermy as hy met haar wil praat en spot maar min te weet hoe die’ man haar lewe sal verander.


Een middag na skool toe kry Kelly ‘n oproep. Sy was baie verras want niemand het haar ooit gebel nie. Verbaasend hardloop sy na die telefoon toe en toe kry sy die meers ongelooflike nuus ooit. Dit was haar skoolhoof. Blykbaar het iemand vir haar ‘n beurs aangebied. Sy vra toe wie dit was en die skoolhoof sê dis die man wie Kelly soe vermy. Hy was ‘n beroemde besigheidsman wat tieners van verskillende hoërskole beurse aanbied en Kelly was een van daardie gelukkige tieners. Hy het haar punte nagegaan en gesien dat sy baie hardwerekend is. Alas! “Als was nie verniet nie”, dink Kelly. “My harde werk het afbetaal en nou is ek amper daar, nog ‘n bietjie nader aan my droom.”



Wednesday, 4 September 2013

Beskrywing

O vrek, 'n nogge toets! Die toetse slaan my soos 'n pap snoek tussen my oë. En om alles te kroon voel ek so toe soos 'n klei os se agterste. "Dit gaan moeilik wees maar God is met my", sê ek vir myself.

Wat gaan aan met my? Hoekom voel ek soe senuweeagtig? Dalk is dit die meisie oorkant my met haar vreemde pienk hare wat my aanhoudend dophou, of dalk is dit die ou vrou met lank geel naels wat baie hard bid in die saal. Ek weet nie waarom ek soe voel nie, maar wat ek weet is dat ek voel asof die saal se dak op my skouers gaan val soos 'n stormige winters dag teen die grond. O nee, hier kom die vraestel papiere...

Kyk hoe hou almal vir my dop. Hoera! Maar dit voel vreeslik lekker om die eerste persoon te wees wat klaar geskryf is en nogals met soe 'n "swaar vraestel". Vir wat het ek my soe laat in doen deur bekommerdnesse? Die toets was uitstekend en ek gaan slaag. Nou wag ons vir die resultate en dan is ons deur.  




Wednesday, 28 August 2013

My naam is Mecaylin Segers en ek gaan die beste grondslagfase-onderwyser wees. Onderwys is my roeping en leer is ook 'n passie wat ek onlangs ontdek het.

Die naam van my blog is "Amper daar", en ek dink dis van self sprekend. Die tema is basies oor hoe gou die jaar op 'n einde gekom het en hoe naby ek aan my droom is. Dit skree: "Ek is amper 'n onderwyser!", en dit beskryf my huidige gevoelens en mening oor die huidige gebeure in my lewe.

Die rede hoekom ek die tema gekies het, is omdat ek baie opgewonde is oor my toekoms, my loopbaan en my lewe op die huidige oomblik. Ek voel asof die eerste jaar amper veby is, en soos almal se: " As jy die eerste jaar op universiteit kan deurbring, is jy deur." Ek weet ek is miskien 'n bietjie te positief, maar 'n bietjie positiwiteit sal niemand kwaad doen nie.